Akkomodasie

Rus en Vrede beskik oor 2 grasdak kamers asook 2 karavaan/tenstaanplekke wat gesamentlik bespreek kan word.

Kamer Rus 

Queenbed is beskikbaar met ‘n privaat badkamer wat ‘n toilet en wasbak insluit.  R400 per nag.

Kamer Vrede 

Dubbelbed en bunkerbed (stewig genoeg vir volwassenes) is beskikbaar met ‘n privaat badkamer wat ‘n toilet en wasbak insluit.

R600 per nag.

Beide kamers is toegerus met linne, ‘n waaier en die nodigste om ‘n gerieflike nagrus te verseker. 

‘n Alarmsisteem en veiligheidshekke sal vir u veiligheid sorg.  Daar ‘n ook ‘n skadunet beskikbaar vir 2 voertuie. 

Eie handdoeke moet saamgebring word.

2 Karavaan-/Tentstaanplekke onder skaduryke bome.

R200 per nag per staanplek (4 mense).

‘n Aparte grasdakbadkamer beskik oor ‘n toilet, wasbak en stort.

Vir die avontuurlustige mens wat een met die natuur wil word is daar ‘n grasdak buite stort.

‘n Vol toegeruste kombuis wat voorsiening maak vir 6 persone.

Lekker groot lapa en kuierarea met ‘n vrieskas.

Braaigeriewe of net vir lekker sit en kuier om ‘n bosveldvuur.