Welkom by Rus en Vrede

Rus en Vrede is geleë 15km buite Brits.  Kom en ervaar ‘n stukkie bosveld en vernuwe jou kragte in die natuur. 

Besigtig ‘n verskeidenheid mak wildspesies op ‘n 38 hektaar bosveldplaas.
Bederf u en u gesin, familie of vriende in die unieke opset waar daar in privaatheid gekuier kan word.

Word wakker met die geluid van tarentale, bokke wat blaas of selfs met ‘n eekhoring wat wag om te groet.

Bring jou fiets saam, pak in jou stapskoene asook jou verkyker en geniet die wild en wye verskeidenheid voëlspesies.